Wingerd- en Wynaand. Hoër Landbou skool Boland van die Paarl het onlangs die nuwe wingerdblok ingewy met ‘n heerlike Wingerd- en Wynaand. Dié 2.2ha blok is in 2020 aangeplant en opgedra aan die matrieks van daardie jaar.
Hierdie projek is moontlik gemaak deur ‘n groep boere, oudstudente en ander belanghebbendes. Die skool baie dankbaar teenoor hulle. Die skool bedank ieder en elk wat ‘n bydrae gemaak het en sodoende belê in die seuns se onderrig en toekoms. Dié verrigtinge is bygewoon deur verskeie rolspelers in die wynbedryf asook van hul eie oudstudente wat huidiglik in die wynbedryf werk.
Hoër Landbouskool Boland is die enigste landbouskool in die land (en dalk die wêreld) met sy eie wingerd. Hoër Landbouskool Boland ‘n droom om die ou Melkstalle te omskep in ‘n funksionerende opleidingskelder. Om hierdie droom af te skop, het hulle (in samewerking met Windmeul Kelder) hul eie wyn laat botteleer.Dit is opgedra is aan die matrieks van 2021. Dit is ‘n heerlike 2021 Chenin Blanc asook ‘n uitstekende 2019 Cabernet/Merlot versnit.
Hierdie wyn kan aanlyn bestel word en op Vrydae by die Melkstalle afgehaal word (Huidige ouers en oudstudente kry 10% afslag).
“Ons sien geweldig uit daarna om die droom van ons eie wynkelder ‘n realiteit te maak. In samewerking met almal wat aangedui het dat hulle wil betrokke raak asook almal wat reeds betrokke is dit moontlik. Kontak ons gerus indien u wil betrokke raak by hierdie projek rm@bolandlandbou.com”
Lees meer oor Hoër Landbouskool Paarl: