Vlnr: Wian Matthee en Melmari Pretorius
Wian Matthee en Melmarie Pretorius is onder Top 10 vir ATKV se Digipraat. Melmari is ook deur na nasionaal vir Eng en Afr vir Oppitongaf.
ATKV Digipraat:
Kom praat saam. Of jy nou wil inlig, motiveer, vermaak of redeneer – ONS LUISTER!
Om jou sê met selfvertroue te kan sê, is ’n vaardigheid wat jy regdeur jou lewe kan gebruik.
Met ATKV-DigiPraat skep ons vir leerders en studente ’n platform waarop hulle in Afrikaans kan wys hoe glad hulle met die mond is.
Om alles te kroon, hoef jy nêrens heen te ry nie, met sweterige hande op ’n klipharde saalstoel te sit nie, of bewerig te glimlag vir ’n streng beoordelaar nie.
Met ATKV-DigiPraat kan jy in die gerief van jou eie huis, of op enige plek in die wêreld, jou toespraak opneem en vir ons stuur.
Kom praat jou praat oor alles en nog wat, in Afrikaans!
Meer oor Willem Postma:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/