Wikus Smith Wisseltrofee. 🏆 Hoërskool Jim Fouché: Lewenswetenskappe-uitblinker erken.
Elke jaar word die Wikus Smith Wisseltrofee toegeken aan die matriekleerder wat die grootste akademiese vordering in Lewenswetenskappe toon, gebaseer op die Junie-eksamen en die rekordeksamen.
Hierdie jaar is die trofee met trots oorhandig aan Itumeleng Mokate, wat sy prestasie met ’n merkwaardige verbetering van 15% opgeskuif het — en daarmee ’n onderskeiding verwerf het!
🎉 Baie geluk, Itumeleng! Die Lewenswetenskappe-onderwysers is uiters trots op jou deursettingsvermoë en toewyding. Mag jou sukses ’n inspirasie wees vir ander!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








