In 2016 het Rewayne Viljoen die Boland se o/17 ā Plattelandspan gehaal. In 2017 het Wiehann Meyer hierdie prestasie herhaal. Voorwaar ān groot prestasie vir HS Strand se krieket.
Wiehann Meyer het aan die toernooi in Nelspruit deelgeneem en hom as veelsydige speler onderskei. As bouler en kolwer was hy een van die sterre van die Boland se o/17 ā Plattelandspan wat die toernooi onoorwonne afgesluit het.
As kolwer het hy sy merk gemaak deurdat hy ān baie vinnige lopietempo gehandhaaf het, ān groot bate in eendagkrieket. Hy het amper ān lopie per bal aangeteken.
As bouler het hy eweneens groot indruk gemaak. In die naelbytstryd teen die Vrystaat se Plattelandspan wat die Boland naelskraap met 3 lopies gewen het, het Wiehann 3 paaltjies vir 23 lopies ingeoes. Voorwaar goeie boulwerk.
Dit is ān verblydende tendens dat die Strand provinsiale krieketspelers begin oplewer.