)

Wiehann Meyer van HS Strand presteer uitstekend in krieket

In 2016 het Rewayne Viljoen die Boland se o/17 – Plattelandspan gehaal. In 2017 het Wiehann Meyer hierdie prestasie herhaal. Voorwaar ‘n groot prestasie vir HS Strand se krieket.

Wiehann Meyer het aan die toernooi in Nelspruit deelgeneem en hom as veelsydige speler onderskei. As bouler en kolwer was hy een van die sterre van die Boland se o/17 – Plattelandspan wat die toernooi onoorwonne afgesluit het.

As kolwer het hy sy merk gemaak deurdat hy ‘n baie vinnige lopietempo gehandhaaf het, ‘n groot bate in eendagkrieket. Hy het amper ‘n lopie per bal aangeteken.

As bouler het hy eweneens groot indruk gemaak. In die naelbytstryd teen die Vrystaat se Plattelandspan wat die Boland naelskraap met 3 lopies gewen het, het Wiehann 3 paaltjies vir 23 lopies ingeoes. Voorwaar goeie boulwerk.

Dit is ‘n verblydende tendens dat die Strand provinsiale krieketspelers begin oplewer.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal