Wetenskap Ekspo. Jaco Jacobs is ‘n Graad 11 leerder in Hoërskool Outeniqua, George. Hy het in Junie goud ontvang vir sy projek by die International Global Youth and Technology Bowl wetenskap ekspo.
Dit is eerstens ’n groot eer om gekies te word vir hierdie kompetisie in Hongkong en om dan nog goud te ontvang, is uitsonderlik. Dit het vanjaar aanlyn plaasgevind (a.g.v. COVID) en Jaco het deelgeneem in die kategorie vir Fisika en Inginieurswese. Sy projek is ’n geoutomatiseerde inflasie- en drukreguleerder vir ontspannings- en professionele fietsryers.
Baie geluk Jaco. Die Kwaggas sien uit na wat die toekoms vir jou inhou!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf