Wes-Kaap Netbalspelers. Hoër Meisieskool Paarl lewer 22 Wes-Kaap Netbalspelers op! Hierdie spelers is die afgelope naweek by die finale rondte van Wes-Kaap Netbalproewe in hul onderskeie spanne opgeneem.
- o.18 – Adri Carstens, Renezia Andrews en Zoë Tobias
- o.17 – Mari Kemp, Zemke Lombard, Leah Winter en Emma Swan
- o.16 – Barbara de Kock, Elzahn Nel, Hanel Vollgraaff en Anke Stofberg
- o.15 – Nicole McThomas, Cara Els, Jenna Haywood, Sophia Wium, Keisha September en Isabella Zandberg
- o.14 – Danelle Bekker, Alex Joseph, Annabel Vollgraaff en Marianne Malan
- o.12 – Mikayla Barnard
Hierdie spelers sal die Wes-Kaap (en HMS Paarl) op Nasionale vlak verteenwoordig in die volgende toernooie:
o.12, 13, 14, 15 en 16’s: All Ages toernooi in Boksburg vanaf 26 tot 29 Junie 2022.
Die o.17 en 18’s: Telkom Netbal Liga toernooi in Witbank vanaf 10 tot 14 Julie 2022.
Hoër Meisieskool Paarl is ook baie trots op Juf. Lizanie Cronje wat verkies is as afrigter van o.13 Oaks-span. Juf. Roné Carstens is afrigter van die o.15 Oaks-span.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.paarlgirlshigh.com/
Foto’s verskaf