Wes-Kaap Hip Hop. Twee van Hoërskool Durbanville se leerders, Mia Marais en Zahn Voges is albei lede van Splice Dance Studio. Hulle het onderskeidelik saam met ‘n dansmaat in die duo afdeling kompeteer.
Mia en Zahn het die afgelope naweek deelgeneem aan die Wes-Kaap Hip Hop Kampioenskap. Mia en haar dansmaat het ‘n Brons medalje verower, 3de plek en Zahn en haar maat behaal 10de plek.
Albei duo’s verteenwoordig die Wes-Kaap by die SA Kampioenskap vanaf 24-26 Junie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
http://www.durbanvillehs.co.za/
Foto verskaf