Wes-Kaap Atletiekkampioenskap. SA’s, hier kom Laerskool Swellendam! Vier van Laerskool Swellendam se Boland-atlete het Saterdag in die Paarl deelgeneem aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskap. Hierdie vier atlete, Lumari de Beer, Nikeate Arries, Marli de Beer en Johan Swart het hulle Wes-Kaap kleure verwerf met uitsonderlike prestasies.
Uitslae:
- Lumari de Beer – 2de in 1200 m
- Nikeate Arries – 1ste – VS; 2de – 70m H; 3de in 100m
- Marli de Beer – 2de in 100m; 2de – VS
- Johan Swart – 3de – HS
Nikeate Arries is ook aangewys as die beste veldatleet van die dag.
Laerskool Swellendam wens hulle alle sterkte toe vir die SA Junior Kampioenskappe volgende week in Pietermaritzburg.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf