Wêreldbiddag vir Vroue – Hoërskool Ermelo se dogters en damespersoneel het deelgeneem aan die jaarlikse Wêreldbiddag vir Vroue. Dit het plaasgevind in die EHS ouditorium. Die amptelike biddag was op Vrydag 3 Maart. Erries het egter reeds op Woensdag 1 Maart hul stemme by dié van duisende vroue van regoor die wêreld gevoeg. Hulle het in gebed getree vir 2023 se gasheerland – Taiwan.
Luné Dorfling van die NG Moedergemeente, asook ‘n paar Errie-matriekdogters het van die gebede en voorlesings behartig. Die dogters wat betrokke was, was Yoliswa Ndlangamandla, Nqobile Zwane en Isabelle Moussier.
Na afloop van ‘n lofprysingslied en ‘n bietjie agtergrondkennis oor die land, is die boodskap uit Efesiërs 1:15-23 gebring. Die tema vir die Wêreldbiddag vir Vroue was: ‘Ek het van julle geloof gehoor’. Twee denkbeeldige briewe is geskryf aan die Taiwannese Christenvroue. Daardeur is hulle laat weet dat Erries in verre Suid-Afrika van hul geloof gehoor het.
Dié briewe is deur Mienke Cloete en Zané du Plessis voorgelees. Die Errie-dogters het in kleingroepe verdeel en gebid vir dié land en sy mense. Die gebedsbyeenkoms is afgesluit met ‘n vrywillige kollekte ten bate van die internasionale Wêreldbiddag vir Vroue.
Hoërskool Ermelo se dogters en damespersoneel dank ons Hemelse Vader vir die voorreg om te kon deel in dié jaarlikse Wêreldbiddag vir vroue.. Mag die woorde van 1 Tess. 5:17 ons altyd herinner: “Bid gedurig.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien
World Day of Prayer for Women
Ermelo High School’s daughters and ladies’ staff participated in the annual World Day of Prayer for Women. This took place in the EHS auditorium. The official day of prayer was on Friday, March 3. They have also entered into prayer for 2023’s host country – Taiwan already on Wednesday, 1 March.
Luné Dorfling of the DR Mother Congregation, and Errie matric daughters handled some of the prayers and readings. The daughters involved were Yoliswa Ndlangamandla, Nqobile Zwane and Isabelle Moussier.
After a song of praise and some background knowledge about the land, the message was brought from Ephesians 1:15-23. The theme for the World Day of Prayer for Women was: ‘I have heard of your faith’.
Two imaginary letters were also written to the Taiwanese Christian women. In doing so, Erries informed them they had heard of their faith in distant South Africa. These letters were also read by Mienke Cloete and Zané du Plessis.
The Errie girls also divided into small groups and prayed for this country and its people. The prayer meeting also concluded with a voluntary gathering in aid of the international World Day of Prayer for Women Organisation.
Ermelo High School’s daughters and ladies’ staff thank our Heavenly Father for the privilege of sharing in this annual day of prayer. May the words of 1 Thess. 5:17 always reminds us, “Pray constantly.”