Well Done Function. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, presteer uitmuntend as ‘n voorste onderwysinstelling in die TMED-distrik. Die onlangse bekendmaking, tydens die Well Done Function. dat die skool as die ‘Top Urban School’ aangewys is, beklemtoon die toewyding tot akademiese uitnemendheid.
Met ‘n indrukwekkende universiteitsvrystelling syfer van 89% in 2023 en die ontvangs van die toekenning vir die beste skool met 196 vakonderskeidings, bevestig Witteberg hul posisie as leier in onderwyskwaliteit. Die skool is verheug om mee te deel dat Hoërskool Witteberg ‘n 100% slaagsyfer in 2023 behaal het. Hierdie prestasies is ‘n direkte weerspieëling van die harde werk en toewyding van die studente, personeel en ondersteunende gemeenskap.
Personeel-toekennings:
- Me. Hybrecht van Wyk (IGO)
- Me. Olga du Toit (Afrikaans)
- Me. Annelie Bredenkamp (Afrikaans)
- Me. France-Elize van Niekerk (Rekeningkunde)\
- Me. Micah Roos (Ekonomie)
- Me. Heliz-Mari Wiggett (Verbruikerstudies)
- Me. Carin Ackerman (English)
- Me. Lindi Rheeder (English)
- Me. Louise Nel (Lewenswetenskap)
- Me. Casey-Jean Terbanche (English)
- Me. Pula van Niekerk (RTT)
- Me. Lenka Claassen (Visuele Kuns)
- Mnr. Jaco Ackerman (IGO)
- Mnr. Waldo Snyman (Landbou)
- Mnr. Mike Viser (Landbouwetenskap, Lewenswetenskap)
- Mnr. Jannie Van Rensburg (Wiskunde)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








