Tops & Tags for Kri-Shy is so opgewonde om aan te kondig dat ons eerste vrag vol proppies en broodknippies weg is op 19 Maart na die Sweethearts Wheelchair Foundation.
Shyenne en Kristi wil van die geleentheid gebruik maak om vir elke Volkie wat ‘n bydrae gelewer het te bedank! Hulle droom is om ‘n rolstoel te skenk aan iemand wat ‘n behoefte het, so moet asseblief nie ophou om proppies en broodknippies skooltoe te bring nie!