Weelie TennisToernooi. Primêre Skool Willem Postma, Bloemfontein, se seuns en dogters het deelgeneem aan die Truida Kestell Weelie Tennis Toernooi. Die toernooi is in Bethlehem vanaf 9 tot 12 Augustus aangebied.
Veertig van die land se top skole het verlede week deelgeneem aan die toernooi.
Willem Postma het die volgende prestasies behaal:
- A Span seuns eindig sesde in die A afdeling
- B Span seuns eindig vyftiende in die A afdeling
- A Span dogters eindig sewende in die B afdeling
Willem Postma se spanbestuurders is Juffrou Lauraine en Juffrou Wilmarié. Die afrigter is Dawid van Niekerk.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.willempostma.co.za/
Foto’s verskaf