)

Wedstryde – Trots dryf Erries bo en behalwe passie tot oorwinnings

Wedstryde – In Hoërskool Ermelo se wedstryde teen Rob Ferreira het trots, bo en behalwe Erries se passie die deurslag gegee. Dié fenominale wedstryde het plaasgevind op Saterdag 28 Mei.

Netbal:

Die netbalspanne se toewyding was opmerklik en al die spanne het in die wedstryde as ‘n eenheid saamgespeel. Hier volg die tellings van die spanne, asook die spelers van die wedstryde: o/14A wen: 19 – 9 (Nia Möller). o/14B wen: 14 – 8 (Thubelihle Nene). o/15A verloor: 10 – 13 (Tharina Viljoen). o/15B wen: 12 – 7 (Nicke Bredenhann). o/16A wen: 36 – 11 (Chrizanne Joubert). o/16 B wen: 18 – 4 (Sweetness Sibanyoni). Tweedespan wen: 29 – 4 (Zané du Plessis)

Afgesien dat die Eerstespan oorgehaal was, het hulle Rob Ferreira oortuigend met 31 teenoor 19 doele gewen met Hilde Jacobsz as speler van die wedstryd.

Die o/14-, o/15- en o/16B-spanne, asook die tweedespan dring deur na die Mpumalanga-finaal wedstryde. Die o/14A-, o/16A– en eerstespan speel in die Mpumalanga-uitspele. Dié vind beide plaas op 10 en 11 Junie.

Inge Greyling
Hokkie:

Alhoewel EHS se vyf spanne gesamentlik 54 doele aangeteken het, in teenstelling met geen doele teen die Erries het die hokkiespanne almal koning gekraai deur goeie tellings te behaal.

Die tellings lyk as volg met die spelers van die wedstryde vir die onderskeie spanne: o/14A wen: 9-0 (Sunick Badenhorst). o/15A wen: 6-0 (Marizelle Grey). 0/16 A wen: 15-0 (Amy Engelbrecht). Tweedespan wen: 8-0 (Zané du Plessis).

Die Hoërskool Ermelo KS Cloting eerstespan dogtershokkie behaal, met besondere samespel, ‘n rekordtelling van 16-0. Hier was Danel Olivier speler van die wedstryd.

EHS se dogtershokkiespanne wat na die uitspele gaan, is die o/14A-span (ligawenners), die o/15A-span (liga-naaswenners), die o/16A-span (liga-naaswenners), die tweedespan (ligawenners) en die Hoërskool Ermelo KS Cloting eerstespan dogtershokkie (ligawenners).

CJ Steenkamp word in ‘n lynstaan opgetel om die bal te vang
Rugby:

Die rugbyspanne se passie en deursettingsvermoë het die deurslag gegee tydens die wedstryde en bygedra tot skitterende vertonings. Die rugbyspanne behaal oorwegend oorwinnings met slegs twee uitsonderings: o/14A gelykop: 24 elk (Armand Coetzer). o/15A wen: 24-17 (Nicolas Steyn). o/15B wen: 42-5 (Lindani Ngobo). o/16A wen: 10-5 (Tredoux Ferreira). o/16B verloor: 10-15 (André Arnoldi). Derdespan wen: 43-0 (Bongani Magaguls). Tweedespan wen: 24-21 (Edrich Beyer)

Die eerstespan was oorgehaal vir die stryd. Hulle het momentum gekry en was vir die duur van die wedstryd onstuitbaar. Hierdie span tree as oorwinnaars uit die stryd met ‘n eindtelling van 44 punte teenoor 26. Armand du Preez was speler van die wedstryd.

Die o/14-, o/15- en o/16A-spanne, asook die eerstespan dring deur na die semi-finale uitspele vir Mpumalanga se Grootskole.

Die volgende spanne is deel van die finale uitspele vir Mpumalanga wedstryde se Grootskole rugby: o/14B, o/15B, tweedespan en derdespan.

Baie geluk aan elke span wat sonder ophou bly veg het om die Erries se naam hoog te hou en vir elke seun en dogter wat met trots op die baan en veld Hoërskool Ermelo verteenwoordig.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal