Daar is vanjaar vir die eerste maal ‘n Mpumalanga Muurbal Interhoër aangebied waartydens vyf Nellies die skool die naweek in Secunda verteenwoordig het, en die naam gehou het met ‘n eerste plek! Baie geluk aan Neil Henning, Ruan Fourie, Ruan Louw, Rudolf Henning en Adam Oosthuizen!
Hulle het in die finaal teen Hoërskool Secunda te staan gekom en 15-6 gewen.
Op die foto bo is: Neil Henning, Ruan Fourie, Ruan Louw, Rudolf Henning en Adam Oosthuizen
Become a Sponsor