Vrystaatstreek-Tennisproewe. Hoërskool Jim Fouché blink uit by Vrystaatstreek-Tennisproewe 🎉
Vyf talentvolle leerders van Hoërskool Jim Fouché het onlangs hul skool se naam hoog gehou tydens die Vrystaatstreek-Tennisproewe. Met harde werk en toewyding het hulle hul plekke in die span vir die Vrystaat verower.
Die leerders wat gekies is, is:
- Meisies o.19: Tahné Goosen – posisie nr. 8
- Seuns o.19: Christiaan Odendaal – posisie nr. 7
- Meisies o.15: Emmerike van Niekerk – posisie nr. 2
- Meisies o.15: Janey Jacobs – posisie nr. 6
- Seuns o.15: Ruwan van Niekerk – posisie nr. 3
Hierdie prestasie is ’n bewys van die skool se sterk sporttradisie en die leerders se deursettingsvermoë. Hoërskool Jim Fouché is trots op elkeen van hulle en sien uit na hul deelname op provinsiale vlak.
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf











