Vrystaatse Provinsiale Swem. Shyenne Laubscher van Welkom Gimnasium is aangewys as die beste senior meisie swemmer van die Vrystaatse Provinsiale Swem Vlak-1 in Bloemfontein. Die gala het op 5 en 6 Maart plaasgevind.
Shyenne het aan die meeste items deelgeneem en die top drie posisies van al haar items behaal. Haar swemklub, Welkom Aquatics, se meisies het die nommer een posisie tydens die gala verwerf. Christo Jansen is die afrigter.
Baie geluk aan Shyenne en Christo! Julle maak die Gimmies trots.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://welkom-gimnasium.co.za/
Foto verskaf