Vrystaat Skole Rugby. Hoërskool Jim Fouché vier Vrystaat Skole Rugby trots met 13 uitverkorenes in Provinsiale Spanne.
Die Vrystaat Skole Rugbylandskap het onlangs ’n stewige inspuiting van talent gekry toe nie minder nie as dertien spelers van Hoërskool Jim Fouché hul plekke in verskeie provinsiale spanoproepe losgeslaan het. Hierdie jong rugbyhelde dra nie net hul skool se naam met trots nie. Hulle versterk ook Vrystaat se reputasie as kragbron van skolerugby.
Brandon de Wee sal Vrystaat tydens die gesogte Cravenweek verteenwoordig – ’n bewys van sy toewyding, talent en onverskrokke spelpeil. Vir Akademieweek is Qian Möller, Breyton de Wee en Franco Oberholzer gekies. Die dinamiese Litha Ntlati Vrystaat se kleure by die Grant Khomo-week sal verdedig.
Die O.16 XV-span spog met drie Jim Fouché-spelers: Madiba Matanzima, Joran Jacobs en Christaan Jacobs – almal met die potensiaal om hoër hoogtes te bereik. By die Arende o.19-span wys Jandré Opperman, Rico Kellerman, JC Van Niekerk en Tristan Russell hul staal, en in die O.17-Span is dit HJ Noeth en Franco Greyling wat die trotse vlag van Hoërskool Jim Fouché hoog hou.
Nie net die spelers skitter nie – drie personeellede van JF speel ook ’n sleutelrol agter die skerms. Mnr. Corné Erasmus dien as afrigter van die Cravenweek o.18-span, Mnr. Neil Murphy lei die o.16 B-span as afrigter, en Mnr. Rudie Lambrechts ondersteun as spanbestuurder van dieselfde span. Hulle toewyding en kundigheid dra op unieke wyse by tot die ontwikkeling van Vrystaatse rugbytalent.
Hoërskool Jim Fouché bewys weereens waarom dit as een van die land se voorste rugby-kweekskole gereken word. Vrystaat kan trots wees.


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskafFranco
Become a Sponsor








