Vrystaat Interprimêre Swemgala. Agt-en-vyftig leerders van Primêre Skool Universitas, Bloemfontein, het aan die Vrystaat Interprimêre Swemgala deelgeneem. Die Tjokkies-swemmers het baie mooi presteer.
Uitslae behaal deur Tjokkies:
Die volgende Tjokkies het plekke behaal in hul ouderdomme:
- Jané Tredoux – Dogters 11 jaar – 2de plek
- Ludwig Niemann – Seuns 8 jaar – 1ste plek
- Gèhan Viviers – Seuns 10 jaar – 5de plek
Na afloop van die gala het die volgende swemmers trofees ontvang:
- Beste seunswemmer: Corné Liversage – Seuns 13 jaar. Hy behaal ook die tweede meeste punte algeheel vir seuns!
- Beste seunswemmer: Luan Potgieter – Seuns 13 jaar: Multi-Class. Hy is aangewys as die beste multi-class swemmer en ontvang ook die die trofee hiervoor.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf