Vrystaat Hoërskole Kampioenskappe. Hoër Meisieskool Oranje het, soos in 2020, weer die tweede meeste goue medaljes (18) van die 199 deelnemende skole op die Vrystaat hoërskole-kampioenskappe vermag. Die Vrystaat hoërskole-kampioenskappe byeenkoms het nie in 2021 plaasgevind nie.
Die totaal van 34 medaljes (18 goud, 11 silwer en 5 brons) is die vierde meeste ná Bethlehem Voortrekker Hoërskool met 74, Hoërskool Fichardtpark (39) en Hoërskool Witteberg (36).
Vyf van die elf provinsiale rekords wat deur meisies verbeter is, was deur OMS-atlete. Een van hulle was deur Johani van Tonder in die verspring o.19 (5.70 m).
Sy is nou die houer van drie Vrystaatrekords. Dit was die vyfde agtereenvolgende jaar wat Johani die provinsiale kampioen in die driesprong en verspring is.
Roline Louw en Germarie Spershott het elk in drie individuele items (insluitend ‘n velditem) ’n goue-, silwer- en bronsmedalje gewen. Daarbenewens het Roline in drie seëvierende aflosse gehardloop en Germarie in twee.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za