Vrystaat Enviro Quiz Kompetisie. 🎉 Hoërskool SPS Brandfort spog met uitblinkers!
Baie geluk aan SPS se vier graad 6-meisies — Wewe Noge, Teagan Carstens, Addisyn Tallie en Princess Zigana, asook Juf. Solette, wat die skool met trots verteenwoordig het by die Vrystaat Enviro Quiz-kompetisie van 24–26 Oktober by Aldam Ontspanningsoord.
Die span het hul slag gewys met ’n mondeling oor “Energy in the Environment”, ’n kreatiewe uitstalling van hul praktiese eksperimente, ’n selfgeskepte liedjie oor die tema, en ’n slim karretjie wat beweeg met die hulp van ’n muisvalletjie! Hulle het ook ’n eksamen afgelê, gebaseer op die lesings wat deur die loop van die naweek aangebied is.
🏆Baie geluk aan SPS met hul tweede plek in die Vrystaat. Hulle stap weg met R35 000 prysgeld — ’n ongelooflike prestasie!
Welgedaan, meisies! Julle dra SPS se naam met trots en inspirasie. 🌱
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Enviro uitblinkers
Become a Sponsor











