Vrystaat Biathlé. Primêre Skool Jordania leerder, Dehan Cilliers, was deel van die Vrystaat Biathlé span wat die afgelope naweek deelgeneem het in Oos-Londen.
Dehan het ‘n sesde plek verwerf in die 0.15 afdeling. Hy het ook gekwalifiseer om Oktober in Egipte aan die Biathlé Wêreld Kampioenskap deel te neem as deel van die Suid-Afrikaanse span.
Biathlé = 800m hardloop, 100m swem en weer 800m hardloop.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.jordaniaprimer.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








