Voortrekkers se groot prestasie – Hoërskool Fichardtpark is baie trots op hulle Voortrekkers se groot prestasie. Fichies se Voortrekkers van die Brandkopkommando, Janco Venter, Janelle Oosthuizen en Lienca Nel, het hul Hoofleierswag-eksamen met sukses geslaag.
Hierdie eksamen is ’n belangrike mylpaal op pad na die hoogste Voortrekker-toekenning, die Presidentverkenner. Die Hoofleierswag-eksamen bestaan uit ’n teoretiese vraestel oor die Verkennerlewe-reeks en Voortrekkerkennis. Hulle moet kennis hê van geskiedenis en kultuur tot noodhulp, knope en nasionale simbole. Daar is ook ’n afdeling wat jou kritiese denke en opinievorming toets. Slegs diegene wat dit slaag, kan die Presidentsverkennerkamp bywoon.

Nou wag daar vir die drie leiers nog ’n opwindende uitdaging: die Presidentsverkennerkamp, waar hulle hul kennis, leierskap en deursettingsvermoë verder gaan bewys.
Fichies is saam met julle ongelooflik trots. Julle wys wat dit beteken om ware Voortrekkers te wees!
Lees meer Skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien










