Visuele kuns. Die graad 12-leerders van Hoërskool Ermelo hou elke jaar ’n kuns-uitstalling waar die leerders hul harde werk van hul visuele kuns deur die jaar vertoon.
Temas wat hierdie jaar ondersoek en kreatief uitgebeeld is, sluit in Pat 1 “Beweging”, Pat 2 “Bagasie en Las” en Pat 3 was die eksamen tema: “Lig”.
Leerders ontwikkel ’n tema en konseptualiseer dit in hulle bronboeke totdat hulle ’n finale produk skep. Die leerders het weereens vanjaar besondere talent en toewyding getoon en EHS is werklik trots op hierdie leerders.
Hoërskool Ermelo bedank me Carin van der Merwe wat die leerders lei en inspireer om spog-kuns te kan skep.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf