Visual Art. Foto: EHS se kuns-leerders tydens hul uitstappie. On Friday 6 September the Visual Art learners from EHS went on their yearly art trip to Johannesburg. The Erries visited the Nelson Mandela Sculpture and Artyli gallery as well as the FNB Art Fair in Sandton.
Die Artyli-galery se uitstalling van Andrew Ntshabele, ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar, het leerders geïnspireer om met nuwe tegnieke te werk soos gemengde media en ekspressiewe styl.
Ntshabele bou lae uit die geskiedenis wat stories van hoop vertel vir die toekoms deur sy visuele beelde wat hy gebruik.
The FNB Art Fair is also the leading contemporary art exhibition in Africa. It showcase art from an entire continent as well as international works. Local and international galleries also display their paintings and sculptures of a wide range of media.
Tydens die besoek het leerders interaksies gehad met kunstenaars en uitstallers wat die kunswerke en beeldhou verduidelik, asook die simbolisme van die werke.
Leerders word elke jaar blootgestel aan ’n groot verskeidenheid werke, tegnieke, style en mediums wat deur verskeie kunstenaars gebruik word.
Die Kontemporêre kunswêreld bied inspirasie en opvoedkundige waarde aan leerders in Visuele Kuns as vakgebied. Die uitstappie bied ongelooflike geleenthede aan leerders en maak ‘n nuwe kreatiewe wêreld oop vir die kunsleerders van Hoërskool Ermelo.




More schools news: https://schoolsthatrock.co.za/
Photo supplied
Become a Sponsor








