Hoërskool Nelspruit bied Saterdag 12 Augustus 2017 die Virseker Beker  kwarteindronde aan.  Die virseker beker is die voormalige Beeld-trofee (Noordvaal groot skole rugbyliga). Ons sal dit waardeer as jul die geleentheid asb in jul kalenders van gebeure kan aanbring, of selfs ‘n bietjie mediadekking gee vooraf en op sosiale media deel.

Drie skole neem deel, NHS, Menlopark en Garsfontein.

Die program is soos volg:

Virseker Beker rugby-kwarteindronde Saterdag 12 Augustus by NHS (A-veld)

09:00 O/14A NHS vs Garsfontein

10:10 O/16A NHS vs Garsfontein

11:30 eerstes NHS vs Menlopark

Kom ondersteun ons asb!

Afhangende van die uitslae hierdie naweek is die moontlikheid daar dat die halfeindronde asook die finaal van die Virseker Beker ook tuis by NHS aangebied kan word.

 

Become a Sponsor