Verwelkoming van skoolhoof. Hartlike verwelkoming aan Goudveld-Hoërskool se nuwe skoolhoof. Met trots en opgewondenheid verwelkom Goudveld-Hoërskool Mnr. Mark Louwies as die nuwe skoolhoof. Tydens ’n betekenisvolle saalbyeenkoms is Mnr. Louwies amptelik ingeskaar as deel van die Goutie-familie, ’n geleentheid wat gekenmerk is deur tradisie, trots en gemeenskapsgees.
In ’n simboliese oomblik van aanvaarding is die personeelbaadjie met waardigheid aan hom oorhandig deur die hoofleiers, Mia de Jong en Teagan Saayman — ’n gebaar wat die begin van ’n nuwe era verteenwoordig.
Gouties sien met hoop en entoesiasme uit na die pad vorentoe onder sy leiding. “Ons wens Mnr. Louwies alle voorspoed, wysheid en vreugde toe in sy rol as skoolhoof. Mag sy tyd by Goudveld gevul wees met inspirasie, samewerking en merkwaardige prestasies.”
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor











