Tamzin Hewitt, oudleerder van HoĆ«rskool Adamantia wat in 2017 gematrikuleer het, is tans ān student by die F.B.I (Food and Beverage Institute) kookskool in Bloemfontein. Sy het haar āHot Kitchenā voltooi in 2018 en 90% behaal in haar finale internasionale teoretiese eksamen en 85% vir haar praktiese eksamen. In 2019 voltooi sy haar āpastryā kursus.
Tamzin was by die 2018 Bloem Skou die Hoofkok by hul Restaurant. Die 15de September 2018 het hul kos voorberei vir die Springbokke tydens hul internasionale wedstryd in Bloemfontein. Sy was ook deel van ān 3-dag funskie vir 1000 mense daagliks by die Sand du Plessis teater.
Tamzin is gekies as 1 van 6 landswye kandidate wat in Junie vetrek na Florida. Sy gaan haar praktiese jaar voltooi by die vyfster Internasionale Naples Hotelgroep.
Hoƫrskool Adamantia is werklik trots op hierdie oudleerder en wens haar alles van die beste toe op haar pad vorentoe!