Valia Matrieks Groet – Hoërskool Transvalia se matrieks het vandag die laaste hekkie van hul hoërskoolloopbaan aangepak. Die dag vir die Valia matrieks het aangebreek om te groet.
Elke matrikulant word sterkte toegewens met die laaste fase van hul hoërskoolreis. Hulle het hard gewerk om hier te kom, en nou is dit tyd om die klok te lui. Dit is ’n simboliese oomblik wat herinner aan daardie eerste klok in graad 8. Hierdie keer vier hulle egter hul prestasies en herinneringe en alles wat hulle bereik het. Dit is ’n terugblik op die kosbare herinneringe wat hul Valia-tyd gevorm het.
Die afsluitingsgeleentheid was nie net ’n viering van die graad 12’s nie. Daar is ook afskeid geneem van vier kosbare personeellede wat saam met die matrieks hul laaste klok gelui het.
Hulle is:
- Juf. Karen Kotzé
- Juf. Toni Rens
- Juf. Mariska Viljoen
- Mnr. Lourens van Niekerk
Hoërskool Transvalia bedank die leerkragte vir hulle onwrikbare toewyding, hul harde werk en die impak wat hulle op al die Valia leerders gemaak het. Hulle nalatenskap sal nog lank voortleef in die harte van die leerders.
Matrieks 2025, gaan voluit, droom groot, en weet dat julle Valia-familie altyd agter julle staan. Mag die pad vorentoe vol geleenthede en sukses wees!
Valia glo in julle!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.hstransvalia.co.za/
Foto en video voorsien
Become a Sponsor








