Tydens die Oktober-vakansie het Hoërskool Upington se skuts, as deel van die Noord Kaap-skietspan, hulleself onderskei tydens die SA-skietkompetisie.
As o/21 Veergeweerskut kry Rian Loots brons vir sy drie-posisie, silwer vir staan en algeheel goud. Hy ontvang dan ook vir die eerste keer sy SANSSU groen kleure. Die o/21 Veergeweerspan ontvang ook as span ‘n bronsmedalje.
Die o/16 Veergeweerspan, waarvan Tersia van Sittert deel is, ontvang ‘n brons medalje. Francois du Plessis ontvang brons vir sy drie-posisie, brons vir die staanposisie en algeheel brons. Hy en Elné du Toit ontvang weer hul SANSSU groen kleure. Die o/16 Sportergeweerspan, waarvan JP Smith en Juan Steenkamp deel is, ontvang ook as span ‘n bronsmedalje.
Juan Steenkamp en Francois du Plessis het hierdie jaar besondere rekords behaal. Juan Steenkamp skiet tydens die laaste skietkompetisie 558 uit 600 vir o/16 Sportergeweer in die drie-posisie. Francois du Plessis het vroeër 351 uit 400 vir die o/16 Sportergeweer in die staan-posisie geskiet. Hierdie is voorwaar besonders. Daar is in baie jare nog nie sulke hoeveelhede deur sulke jong skuts geskiet nie.
Foto: Uppieskuts agter v. l.n.r: Rian Loots, Francois du Plessis, Jano Theron, Juan Steenkamp, Elné du Toit.
Voor: JP Smith en Tersia van Sittert.