Die afgelope naweek het Hoërskool Upington op vele sportterreine teen Hoërskool Noord-Kaap van Kimberley deelgeneem.
Alhoewel die hokkie-uitslae dalk op papier nie so goed lyk nie, het Uppies die naweek hokkie van uitstaande gehalte gelewer teen ‘n skool wat bekend is vir baie goeie hokkie.
Welgedaan, alle hokkie bokkies!
Die netbal en rugby het ook uitstekend gespeel teen Hoërskool Noord-Kaap. Oor die algemeen het die rugby en netbal goed vertoon en weinig wedstryde verloor met veral die 0/19 netbaldogters wat hul koppe hoog kan hou met hul oorwinning oor Noord-Kaap se 0/19 span.
Hierdie wedstryde was goeie opwarming vir die groot stryd wat voorlê met Interjol.
Die uitslae is as volg:
Hokkie
0/18B HU dogters verloor 4 – 1 teen NCK 0/18B
0/18B HU seuns verloor 3 – 0 teen NCK 0/16A
0/16A HU dogters verloor 1 – 0 teen NCK 0/16A
0/18A HU seuns verloor 3 – 0 teen NCK 0/18A
0/18A HU dogters verloor 3 – 0 teen NCK 0/18A
Mnr. J du Plooy (1ste span seunsafrigter NCK) se woorde na afloop van die wedstryd was as volg: “I have never seen an Upington team play such great hockey. Upington hockey will definitely be some of the best competition in the near future.”
Uppies Hockey……what else?!
Rugby
O/19 A: verloor 14 – 26
O/16 A: wen 24 – 21
O/15 A: wen 22 – 12
O/14 A: verloor 15 – 17
O/17: wen 25 – 19
Netbal
HU 0/14A wen vs NK 0/14A 21 – 9
HU 0/14B wen vs NK 0/14B 19 – 8
HU 0/16A wen vs NK 0/16A 24 – 14
HU 0/16B verloor vs NK 0/15A 8 – 28
HU 0/17A wen vs NK 0/17A 29 – 17
HU 0/17B verloor vs NK 0/15A 1 – 31
HU 0/19A wen vs NK 0/19A 27 – 22