Tydens die skiet-kompetisie wat op 5 en 6 April by HoĆ«rskool Upingon gehou is, het die Uppieskuts puik presteer en die nuwe skuts het vir die eerste keer ān skietkompetisie ervaar.
In die o/21 Sportergeweer kompetisie kry Juan Steenkamp ān goue medalje in die drie-posisie Ć©n in die staanposisie. Juan is ook algeheel eerste in sy ouderdomsgroep. In die o/16 Sportergeweer kompetisie kry Janko Botma ān silwer medalje in die drie-posisie en brons in die staanposisie. Janko is algeheel tweede in sy ouderdomsgroep.
Tydens die āTarget Sprintā kry Juan Steenkamp ān goue medalje en Petrus Labuschagne ān brons medalje vir die o/21-groep en Janko Botma kry brons in die o/16-groep.
Ashton Willemse, Uppies se eerste rolstoel lugpistoolskut, neem aan sy eeste kompetisie deel en kry ān silwer medalje. Uppies is baie trots op sy toegewydheid en deurstettingsvermoĆ«.
Foto: Janko Botma, Juan Steenkamp, Ashton Willemse en Petrus Labuschagne