HoĆ«rskool Upington se 0/15 krieketspan het Dinsdag, 17 Oktober, ān 25 beurt wedstryd gespeel teen Kenhardt op Uppies se velde. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Uppies se kolwers het hul uitstekend van hul taak gekwyt en ān reuse telling van 229 lopies in hul toegelate 25 beurte gemoker. Uitstaande kolwers vir die dag was Brend Mulder met 69 lopies en Ferdie Richter met 61 lopies.
Daarna het Uppies vir Kenhardt ingestuur om te kolf. Al die Uppie boulers het hul kant gebring met die bal sowel as veldwerk. Uppies beperk vir Kenhardt tot slegs 65 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. Beste boulers vir die dag was Theuns Theunissen met 3 paaltjies en Miguel Meintjies en Geo Engelbrecht elk met 2 paaltjies.
Uppies wen dus die wedstryd met 164 lopies. Baie geluk seuns.
Foto:
Agter van links na regs: Daylon Beukes, Awie van der Westhuizen, Geo Engelbrecht, Brend Mulder, Ferdie Richter, Grannon Brand,
Voor van links na regs: Jaydon Fortuin, Theuns Theunissen, Gideon Breedt, John-Mark Solomon.
Afwesig: Miguel Meintjies, GT Geldenhuys.