Die 50 Boulbeurt dorpsliga het die afgelope naweek afgeskop en die spanne het mekaar behoorlik aangevat.
Hoƫrskool Upington het in die eerste rondte te staan gekom teen die nuutgevonde Upington Dorpspan, waarvan die spelers in die verlede al gedugte teenstanders was.
Upington dorp kolf eerste.Uppies se boulers is nog effens geroes na die lang aflĆŖ in die afseisoen en sukkel om die bal behoorlik neer te sit. ān Frustrerende eerste paar boulbeurte volg vir die veldwerkspan en Upington dorp kom mooi op dreef.
Toe die boulwerk uitgesorteer raak en die bal ān mooi lyn en lengte vind, begin die paaltjies een na die ander kantel. Uppies boul Upington dorp uit vir 81 lopies.
Uppies gaan in om te kolf om die teiken van 82 aan te teken. Net soos Upington dorp is die kolwers ook nog heelwat geroes en ān paar vinninge paaltjies kantel. Henco Kotze en Nakkie Duvenhage het hul roes afgeskud en die viere en sesse het begin kom. Nakkie word op 55 uitgehaal en Henco op 18 met net ān paar lopies wat kort.
Uppies slaan die wenlopies in die 9de boulbeurt en wen die wedstryd met 6 paaltjies.
ān Goeie begin vir ān strawwe seisoen wat voorlĆŖ.