Cobus Fourie van Upington Hoërskool, is genooi om in die Noord-Kaap o/30 meesters rolbal deel te neem. Die kompetisie kan slegs op uitnodiging gespeel word. Noord-Kaap nooi die top 12 o/30 spelers uit om mee te ding om as die beste o/30 enkelspeler in die Noord Kaap gekroon te word. Die is ‘n baie strawwe kompetisie en dit is ‘n groot eer vir Cobus om wel genooi te word, veral ook gesien in die lig dat hy nog slegs o/16 is.
Uppies is baie trots op hierdie uitblinker-leerder.
Become a Sponsor