Johannes du Plessis is die afgelope 10 jaar afrigter van HoĆ«rskool Upington se 1ste krieketspan asook een van die beste spelers in die Seniorspan. Hy het gedurende die tyd, onder sy afrigting, vele spelers opgelewer wat die provinsie verteenwoordig het op Nasionale vlak. Johannes het ook die Senior plattelandspan gedurende die 2018/2019 seisoen afgerig op ān tydelike basis.
Uppies is trots om te sĆŖ dat Johannes aangestel is om die Senior Plattelandspan vir die volgende 3 jaar af te rig. Sy CV, kennis en ondervinding het die keuse maklik gemaak om die posisie te vul.
Uppies wens hom alle sterkte toe vir die komende seisoen!