Die senterpaar van Hoërskool Upington se Eerste 15 het Saterdag, 3 Maart, uitgeblink teen Hoërskool Jim Fouché van Bloemfontein. Henro Kotze (k) en Harry Nell het die middeveld gedomineer. Goeie skrumwerk het die voorspelers momentum gegee. Johan Teessen en Venter Scholtz het uitgestaan op die losbal. Die span se verdediging en ‘commitment’ was van onskatbare waarde. Die span het Saterdag in die tweedespan truie gespeel en nie die pragtige Oranjetruie van die Eerstes nie, want hulle het gevoel hul moes eers die trui verdien. Wat `n mooi gebaar van sportmansgees van dié seuns!
Telling: Uppies (19) – Jim Fouché (10)
Foto:
Agter: Henru Ekkerd, Johan Jordaan, Harry Nell, Bradley Gous, Venter Scholtz, Wilco Visagie, Henro Kotzé (k), Hardie Koegelenberg, Marco van der Merwe, Kemp Kotzé (o/k), Michael Wessels.
Middel: Eldrin Engelbrecht
Voor: Maxwell Smith, Naiden Jaarts, Johan Teessen, Hermann Harper, Clemens Terblanche, PG Human.