)

Uppies presteer in Western Mounted Games

Foto vlnr: Jana Fourie en Kristi Willemse by die Western Mounted Games in Kathu

Schools That Rock berig oor Uppies perdry

Jana Fourie en Kristi Willemse van Uppies het aan die Western Mounted Games Noord Kaap Qualifier 9 deelgeneem. Kathu het op 31 Julie as gasheer opgetree. Hierdie twee Graad 11 leerders het die volgende prestasies behaal:

Jana Fourie junior ruiters vlak 3 algemeen 1ste plek 

Kristi Willemse junior ruiters vlak 4 algemeen 1ste plek

Baie geluk en sterkte met jul seisoen.

Meer oor Hoërskool Upington:

Uppies bied egter ook ander sportsoorte aan. Atletiek, gholf, hokkie, krieket, netbal, rugby, skaak, skiet en tennis is gewilde sportsoorte

Ander sportsoorte: extreme, gimnastiek, interjol, karate, perdry, swem en tweekamp.

” ‘n Skool kan net so goed wees as wat sy hoof hom toelaat om te wees “

Hoërskool Upington is baie bevoorreg om in mnr. W.A. Kotzé (Riaan) ‘n hoof te hê wat lei deur sy voorbeeld.

Hy het groot geword op Kanoneiland en sy hoërskooljare in 1976 aan Hoërskool Upington voltooi. Hy ook as skrumskakel vir die Oranjemasjien (0/19A rugbyspan) uitgedraf.

Dit is egter nie waar sy vroeë betrokkenheid by Uppies gestop het nie. Mnr Kotzé het later as wiskunde onderwyser by Hoërskool Upington sy gewig ingegooi. Hy is later tot departementshoof bevorder en op sy interessante manier die leerders lief gemaak vir wiskunde.

Hy het egter ook ‘n liefde vir rugby by baie seuns gekweek. Sy passie vir die spel is steeds duidelik. Met sy kundigheid is hy steeds ‘n doring in die vlees van sy opponente. Hy word beskou as een van die beste rugbyafrigters wat Uppies nog gehad het. Vele ander beny sy manier om met spelers se koppe te werk. Hy het ook vir baie jare as afrigter en selfs keurder van die Cravenweekspanne opgetree.

In 2008 word hy as skoolhoof van sy ou Alma Mater aangestel. Riaan se passie vir die skool blyk duidelik uit sy daaglikse doen en late. Sy kollegas kan ook staatmaak op sy onvoorwaardelike lojaliteit. Sy leuse is eenvoudig: Lewe elke dag voluit en doen wat jy moet doen. Bo alles glo in jou Here en volg die Bybel as riglyn.

Sy visie vir elkeen in die skool is dat ons voetspore sal laat vir ons nageslag om na te volg. Omdat hy ‘n pad loop gestel is deur sy Hemelse Vader, is dit vir almal by Uppies maklik om hom te volg.

Lees meer oor Uppies:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/northern-cape/northern-cape-schools/

https://www.uppies.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal