Jaarliks vestig Hoërskool Upington ons aandag op die omgee van ons gemeenskap. Hand-in-hand samel ons koekies in vir CHOC (Children`s Haematology Oncology Clinics) en Kansa, asook klere vir die ACVV. Die ingesamelde koekies word geskenk aan kankerpasiënte wat lank wag om chemo te ontvang en die klere gaan na die minderbevoorregtes. Deur die week het ons baie aktiwiteite gedoen binne en buite die skool – van hare kleur en skeer tot ons eie “Flash Mob” (dans) in die Kalahari Mall. Ons het ook die week op `n kleurvolle en prettige manier afgesluit met `n “Colour run”. Ons mikpunt vir die koekie insamelinge was 50000 – en ons skenk met liefde vanjaar meer as 64000 koekies!

UPPIES OMGEE-WEEK

Uppies bedank elke persoon hartlik wat `n bydrae tot die sukses van hierdie week gemaak het!

Become a Sponsor