Uppiesnetbal het vanaf 4-6 Augustus 2016 aan die SA Top Skole Toernooi te Boksburg deelgeneem. Hier neem slegs die top skole in elke provinsie deel.
Uppiesnetbal het teen gedugte teenstaanders soos Monument, Outeniqua, Punt, Sentraal en Diamantveld om net n paar te noem deelgeneem.
Aan die einde van die toernooi eindig die 0/16’s 19de en die 0/17’s 8ste in die land. Uppies is baie trots om 2 spanne in die Top 20 in die land te hê.
Baie dankie aan elke dogter se harde werk en elke ouer se ondersreuning. Dit word opreg waardeer.
Become a Sponsor