)

Uppies neem deel aan Xtreme 2017 

Op 28 Oktober 2017 neem 4 Uppie-spanne deel aan hierdie sportgeleentheid in die” Lite” kategorie vir skole. Die spanne bestaan uit 3 atlete waarvan die 1ste atleet 250m in die rivier swem, dan oorgee aan die fietsryer wat 15km bergfiets ry en dan oorgee aan die drawwer vir die 5km wat op grondpad gedraf word.

Die spanne was as volg:

Span 1   Not fast, just furious

Swem: Jenny Steenkamp

Fietsry: Francois du Plessis

Draf: Kate Nugent        Tyd 1 : 02 : 46

Span 2   Team Nitro

Swem: Teliza Zaayman

Fietsry: Daniel Rossouw

Draf: Morné Dlephu       Tyd 1 : 12 : 41

Span 3   Uppies Ysters

Swem: Benré Engelbrecht

Fietsry: Henru Kotze

Draf: Nicolene Loots   Tyd 1 : 16 : 53

Span 4  Uppies Incredibles

Swem: Elizabeth van Niekerk

Fietsry: Johané Botha

Draf: Geo Engelbrecht   Tyd 1 : 24 : 43

Span 1 met Jenny, Francois en Kate wen dan ook die skole kategorie.

Jana Nel het ook individueel deelgeneem aan die Lite kategorie, haar tyd was 1 : 30 : 34. Baie geluk.

Atlete kon ook individueel inskryf. Dan moes die atleet al drie dissiplines op sy eie voltooi.  Marco van der Merwe het in hierdie kategorie deelgeneem. Hy voltooi dit in 1:19:00.

Dit was, soos altyd, ‘n baie suksesvolle dag en al die deelnemers het dit geniet. Die atmosfeer en sportmangees wat geheers het vóór, tydens en ná die tyd, was iets om te aanskou. Ons is baie trots om Uppies deel van hierdie dag te kon maak en ons sê dankie aan elke atleet en al die ouers en ondersteuners wat ons kinders vooraf behulpsaam was,  hulle op die dag gesteun het en die dag met ons gedeel het. Dankie vir insette en bydraes op watter gebied ookal.

Langs hierdie weg wil ons ook graag vir Pick ‘n Pay bedank as borg van twee van die Uppie spanne. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning en bydrae om dit vir die kinders lekker te maak en spangees te bou.

Foto van Span 1

Jenny Steenkamp, Francois du Plessis, Kate Nugent en Mev. Maritz

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal