Vyf van ons Graad 10 – 12 leerders het aan die jaarlikse Afrikaans Huistaal Olimpiade vir Seniors deelgeneem. Die leerders het goed presteer. Jana Breedt (foto bo regs), Ā (Graad 10) is agste op die Noord-Kaap se Top Twintig lys. Ā Janri van Staden (foto bo links), Ā (Graad 11) het besonder goed presteer deur derde op die Noord-Kaap se Top Twintig lys te eindig en 60ste op die Nasionale Top 100 lys.
Bonke Madlongolwana het aan die Afrikaanse Eerste Addisionel Taal Olimpiade vir Seniors deelgeneem en `n gemiddeld van 72.33% behaal.