[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.95″ background_layout=”light”]
HoĆ«rskool Upington se krieket het die siesoen sterk begin in die T20 dorpliga en het vyf wedstryde sover gespeel en vier oortuigend gewen. Die kragmetings was teen Upington Dorp, wat Uppies met 41 lopies gewen het, en die selfde middag het die span teen die Dragons te staan gekom en die wedstryd met 33 lopies gewen. Dit was ān Sterk begin wat die volgende week met goeie veldwerk opgevolg is om Carltonians se kolfwerk te beperk tot 102 lopies. Aanvanklik was die teiken nie so hoog nie, maar Carltoninas het vasberade terugbaklei en die westryd met ses paaltjies gewen.
Die laaste twee wedstryde was op die 3de Februarie. Op ān warm dag belowe,soos betaam deur die weerburo het dit ook beloof om ān warm dag vir Uppies te wees. Uppies kom testaan teen Keimoes die oggend en slaan ān uitmuntende 224 lopies in hul toegelate 20 beurte. Johannes du Plessis met 74, Dian Kapp met 35 en Theuns Kotze met 91, dra by tot die telling. Keimoes word uitgeboul en wen die wedstryd met 169 lopies.
Die tweede wedstryd vir die dag was teen Groblershoop. Hier is dit die jong manne wat hul staal wys en Lemley Mulder met 55 lopies en Bobby Duvenhage met 74 om die totaal tot 225 te druk. Groblershoop baklei verbete terug en Jurg Jooste teken ān uitmentende 61 van slegs 25 balle aan, maar die totaal kon net nie by Uppies kom nie. Uppies wen die wedstryd met 117 lopies.
Die skolespanne het die afgelope 2 weke gemengde welslae gehad. Die O/19 span kon nie in die Coca Cola T20 finaal vir Duineveld klop nie en verloor die wedstryd met 21 lopies. Velties gaan speel uit in Kimberley in die streekstoernooi. Sterk te vir julle.
In die skoleliga speel die O/19 span teen Kenhardt en moet Kenhardt ān goeie telling van 126 lopies inhaal in 25 beurte. Bobby Duvenhage kolf bestendig en teken 47 lopies aan en saam met die ander kolwers se bydrae wen Uppies die wedstryd in die 19de beurt met 6 paaltjies.
Hul kom weer te staan teen Duineveld en die vorige nederlaag is nog vars in die geheue. Met goeie kolfwerk teken Velties 165 lopies in hul toegelate 25 beurte aan. Uppies baklei hard terug. Dian Kapp, Bobby Duvenhage en BenrƩ Engelbrecht druk die totaal tot naby die aan die teiken, maar Uppies kon die totaal nie haal nie en verloor met 20 lopies.
Die seisoen is nog vol wedstryde en baie opwinding wat wag. Kyk op die skoolborde en kom ondersteun ons span.
Agter: Johannes du Plessis, Chris Voges, AW Duvenhage, Giovanni Lategan, BenrƩ Engelbrecht, Henco Kotze, SW Strauss, William Briekwa, Jacques Swanepoel
Voor: Jaydon Fortuin,Bobby Duvenhage, Daylon Beukes, Adre Hudson
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]