[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.73″ background_layout=”light” text_orientation=”left” border_style=”solid”]
Hoërskool Upington het die week van die 16 Oktober 4 wedstryde gespeel in verskillende ligas.
Die onder-15 span speel Dinsdag teen Kenhardt se onder 15’s. Uppies teken 225 lopies aan en dieuitblinkers met die kolf was
Brend Mulder met 69 en Ferdie Richter met 61.
Kenhardt word almal uitgeboul vir 69 en Uppies wen die wedstryd met 160 lopies.
Die onder-19 span speel die Woensdag teen Kenhardt in die Coca Cola T 20-toernooi se streek semifinaal. Uppies kolf eerste. Uppies teken 229 lopies in die toegelate 20 boulbeurte aan.
Lemley Mulder slaan ‘n uitstekende 85 lopies van slegs 39 balle. Saam met hom kolf Daylon Beukes wat opgetrek is vanaf die onder 15 span. Hy klim behoorlik onder die boulwerk in en slaan sy eerste 100. Hy is nie uit nie vir 104 van slegs 56 balle.
Kenhardt word ingestuur om te kolf en baklei hard om by die totaal uit te kom. Hul word in die 17de boulbeurt vir 79 lopies uitgeboul.
Uppies wen die wedstryd met 150 lopies.
Donderdag speel die onder 19-span teen AJ Ferreira in die skoleliga. Bobby Duvenhage en Dian Kapp open die kolfwerk. Elke bal word met gesag geslaan en hul teken saam 153 lopies van 77 balle aan.
Bobby byt nog vas en saam met die res van die kolwers teken Uppies ‘n uitmuntende 341 lopies aan in hul toegelate 25 boulbeurte. Bobby se totaal kom tot 189 lopies. Hy gebruik slegs 74 balle om dit aan te teken; 12 viere en 19 sesse vorm deel van die telling.
AJ gaan kolf, die eerste paaltjies kantel vining maar Jiovan Assegaai slaan ‘n baie goeie 33 lopies teen ‘n sterk boulaanval. Uppies wen die wedstryd met 244 lopies.
Uppies is ook deel van die dorpsliga en kom Saterdag te staan teen Carltonians. In die eerste rondte het Uppies verloor en geweet om hul nie ligtelik op te neem nie.
Uppies verloor die loot en word ingestuur om te gaan kolf. Carltoninas het ‘n sterk boullys en die aanval is verbete. Giovanne Lategan en Bobby Duvenhage teken elk hul 50 lopies aan en saam met Johannes du Plessis se 35 en ander kolwers se bydrae, teken Uppies 218 lopies in hul toegelate 40 boulbeurte aan.
Carltonians word ingestuur om te gaan kolf. Die boulaanval was net te sterk en almal word uitgeboul vir 78 in die 24ste boulbeurt.
In Lee-Charm van Wyk se 5 boulbeurte wat hy geboul het, staan hy slegs 12 lopies af en neem 2 paaltjies. Benré Engelbrecht het 5.3 boulbeurte afgestuur en slegs 16 lopies afgestaan en 3 paaltjies geneem.
Uppies wen die wedstryd met 140 lopies.
Voor: Steven Smith, Brend Mulder, Lee-Charm van Wyk, Bobby Duvenhage, Lemley Mulder
Agter: Jacques Swanepoel (Organiseerder), Giovanni Lategan, William Briekwa, Benré Engelbrecht, Dian Kapp, Daylon Beukes, Johannes du Plessis (Afrigter en kaptein)
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]