![dorpspan-uppies-krieket](https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2016/10/DORPSPAN-UPPIES-KRIEKET.jpg)
Die afgelope week het Hoërskool Upington se krieketspanne goed gedoen op die veld.
Die O/19 span het teen Kenhardt die week in die Semifinaal van die Coke pro 20 toernooi gespeel op Uppies se velde en het besluit om te kolf. Uppies teken 183 in 20 beurte aan.
Kenhardt word ingestuur en word almal uitgehaal vir 44 lopies. Geluk en sterkte vir die laaste wedstryd in die toernooi teen Duineveld.
Hoërskool Upington se Dorpspan het ook die week teen Langeverwag gespeel of HMO se veld. ‘n Wedstryd wat met ‘n baie goeie gees gepaard gegaan het. Uppies kolf eerste en teken 180 lopies aan.
Langeverwag word ingestuur en Uppies haal hul uit vir 92 lopies.
Uppies se krieket is gesond en vol talent. Geluk aan al die spanne.
Foto bo: Dorpspan van Hoërskool Upington
Voor: Allie, Steven Smith, HencoKotze, NakkieDuvenhage, Iain Erasmus
Agter: Bobby Duvenhage, ClemenceTerblanche, Jacques Swanepoel, Lee-Charm van Wyk, Claudia Veldskoen, AW Duvenhage, Giovanni Lategan, Juan Swanepoel
Become a Sponsor