Op Woensdag, 21 Februarie, het 5 van Hoërskool Upington se Netbal-afrigters tesame met 4 senior speelsters ‘n vlak 1 en 2 skeidsregterskursus bygewoon. Die kursus is aangebied deur wêreldbekende skeidsregter, Anso Kemp. Die afrigters en speelsters se kennis oor netbalreëls is opgeknap en is hulle gerat vir die 2018 seisoen. ‘n Groot voordeel is natuurlik dat die speelsters self nou meer kennis het oor die spel en sy reëls.
Op Saterdag, 24 Februarie 2018, het die gradering plaasgevind en Uppies-netbal spog nou met 6 afrigters en 4 dogters wat gegradeerde skeidsregters is.
Ons is baie trots op ons afrigters en speelsters wat moeite doen om hulle kennis te verbreed en volhoubaar groei.
Agter van links: J. Bredenkamp,M. Symington, E. Lombard, C. Esterhuizen, L. Kotzé, L. Giliomee
Voor van links: L. Geldenhuys, L. Groenewald, M. Bothma, M. Kordom