)

Uppies kán Netbal speel!

Vanaf 5-7 Oktober het Hoërskool Upington se o/15 A netbalspan aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem in Vanderbijlpark. Die top 2 spanne uit elke provinsie het meegeding om die top posisie in die land. Dit was 3 dae van baie opwinding en groot uitdagings vir die span.

Uppies bevind hulself in ‘n sterk poel met onder andere Oranje Meisieskool, Affies, Rustenburg  en Paarl Girls High. Die span moes  hul eerste twee wedstryde op aksie netbalbane speel weens reën. Dit was ‘n groot uitdaging omdat dit hul eerste wedstryd ooit op so ‘n baan was. Om die uitdaging groter te maak kom hul te staan teen Oranje Meisieskool van Bloemfontein. Soos ware Uppies het hulle die uitdaging met groot moed aangepak en as oorwinnaars uit die stryd getree. Die meisies het ware “Uppie guts” gewys en was halftyd gelykop teen Affies met 7 elk.  Uppies  wen vyf van hul ag poelwedstryde en kwalifiseer dan om uit te speel vir ‘n posisie in die top 8 in die land. Na 3 dae se harde netbal eindig Uppies se o/15 netbalspan algeheel 8ste in die hele Suid-Afrika. Ons is geweldig trots op hierdie mooi prestasie.

Foto:

Agter vlnr: Di-Marie Visser, Janice Avenant, Berna Kilian

Middel vlnr: Beryl Ndhlovu, Dolla Lombard (Afrigter), Nina Slabbert

Voor vlnr: Raylene Muller, Marnel Oberholster, Elanie Brand

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal