Tanya Nortjé van Hoërskool Upington skitter by Western Mounted Games
Tanya Nortjé, `n trotse leerder van Hoërskool Upington, het deelgeneem vir haar provinsie tydens die SAWMGA kampioenskappe. Die kompetisie is gehou vanaf die 30 September tot 2 Oktober 2017 in Parys, Vrystaat. Dié jaar se kompetisie was die grootste Western dissipline kompetisie ooit gehou in Afrika.
Tanya het algeheel `n 2de plek behaal op Level 1 by Sanesa en 43ste plek algeheel waar sy opgeskuif het na Level 2 in die Western Mounted Games Ope afdeling.
Baie geluk Tanya, harde werk pluk die vrugte.