Uppies o.18 seuns
Hoƫrskool Upington hokkie het die afgelope naweek by Grey Kollege se sportdag meegeding teen talle skole op die hokkieveld. Die skole sluit in Grey Kollege, Hoƫr Meisieskool Oranje, Hoƫrskool Sentraal, St Michaels en Hoƫrskool Jim Fouche. Uppies se hokkiespanne het die wedstryde baie geniet en ook baie ondervinding opgedoen.
Daar is altesaam 12 wedstryde gespeel, en alhoewel almal nie in Uppies se guns was nie, het Uppies se 0/19 A seuns en dogters spanne steeds die vlag hoog laat wapper met oorwinnings.
Uppies se 1ste seuns-span klop Jim Fouche 0/16A met 6 doele teenoor 0 en Uppies se 1ste dogters-span klop Sentraal 2-0. Uppies se 0/19B dogters het ook met Sentraal afgereken met ān telling van 2-1.
Die wedstryde teen Grey College het ongelukkig nie plaasgevind Vrydag nie, as gevolg van die weer.
Uppies hokkie sien uit na die volgende kragmeting teen die skole.