)

HOËR MEISIESKOOL ORANJE: KAPTEINSBEURT – LIENKE SNYMAN – KAPTEIN, LANDLOOP

1. Wat het jou op Oranje laat besluit? My ouers wou my in ‘n Afrikaanse en Christelike skool sit. Toe ek vir die eerste keer met Oranje Primêr kennis gemaak het, het ek geweet dis die skool vir my.

2. Wat geniet jy die meeste van Oranje? Definitief die struktuur, ek is een vir reëls en waardeer dat Oranje ons wil leer om as ‘n dame op te tree. Ek is ook dankbaar vir die onnies wat altyd moeite doen en omgee.

3. Hoe sal jy graag hier onthou wil word? As iemand wat altyd die regte ding wil doen en ‘n harde werker met integriteit.

4. Wie was jou skoolheld (leerder of onnie) in gr. 8 en hoekom? My niggie, Guinevere Pretorius. Ons is in dieselfde jaargroep en klas. Ons is soos sussies en sy was nog altyd my steunpilaar by die skool as dinge moeilik raak. Sy staan altyd vir my op en troos my. Sy is my vriendin, niggie en my heldin.

5. Wat is jou belangstelling(s) buite skoolverband? Ek is gereeld besig om te teken, bak of saam met vriende te kuier oor naweke of as ek ‘n tydjie het. My huiswerkboek bevat meer tekeninge as huiswerk en die huis is gedurig vol piesangbrood of sjokoladekoekies.

6. Het jy ’n verskuilde talent(e)? Daar word nie van ‘n atleet verwag om kunstig te wees nie, maar teken is een van my groot passies en hou my gereeld besig.

7. Is daar nog sport-uitblinkers in jou familie? My hele gesin is eintlik sportief, my pa ry fiets, my ma hardloop en my broer speel hokkie. So ek sien hulle as uitblinkers.

8. Is jy ’n introvert of ekstrovert? As ek nuwe mense ontmoet, is ek meestal ‘n introvert. Sodra ek gemaklik raak, kan ’n mens my nie miskyk nie, want dan sal ek nie kan ophou praat nie.

9. Wat frustreer of irriteer jou die meeste? Ek is iemand met min geduld. Ek sukkel om nie geïrreteerd te raak as ek vir iemand vir die tweede keer iets moet verduidelik nie. Maar ek werk daaraan.

10. Watter eienskap waardeer jy die meeste in mense? Mense wat regtig vir my luister as ek iets vir hulle vertel en dit tussen ons hou.

11. Saam met watter celeb het jy ’n foto? Ek was bevoorreg om in 2018 Caster Semenya te ontmoet en ‘n foto te neem.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal is ongelooflik trots op Anè Joubert. Sy het onlangs haar merk gemaak by die D.T.M.A Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap. Anè het nie net provinsiale kleure…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal