Deur die kwartaal het Hoƫrskool Upington se atlete baie hard geoefen en baie goeie uitslae behaal.
`n Groot groep Uppie-atlete verteenwoordig Hoƫrskool Upington by die Sone-byeenkoms. Daarna is 21 atlete na Kakamas vir die streeksbyeenkoms. Hier het ons atlete baie goed gevaar en uiteindelik het 5 atlete die streek gaan verteenwoordig by die Noord-Kaap byeenkoms. Hulle is JJ Snyders, Nicoleen Loots, Susan Hanekom, Nel Hanekom en Gerrit Hanekom.
Na die provinsiale byeenkoms is 3 atlete gekies om die Noord-Kaap by die SA`s in Potchefstroom te gaan verteenwoordig. JJ Snyders, Nicoleen Loots en Gerrit Hanekom. Dit is nie die eerste keer dat JJ en Nicoleen gaan nie en ons verwag net die beste van hul.
Gerrit Hanekom is egter `n spesiale geval. Gerrit ly aan Treacher-sindroom en was van kleins af meer in die hospitaal as tuis. Hy moes van kleins af veg vir sy oomblik in die son en het harde bene gekou om sy merk te laat in `n normale hoofstroom skool. Gerrit begin egter einde 2017 atletiek oefen. Gaan in 2018 op sy eerste atletiektoer en neem teen gewone O/19 atlete deel. Hy kwalifiseer toe om SA`s toe te gaan ā as `n LSEN-atleet, of atleet met `n gestremdheid.
Hoƫrskool Upington is trots op al ons kinders wat presteer, maar meer nog as hul uitstyg en presteer t.s.v. `n agterstand.
Die atlete het ook na Kimberley getoer en aan uitnodigingsbyeenkomste deelgeneem.
Drie van ons atlete het ook aan `n internasionale byeenkoms deelgeneem te Springbok, toe hul aan `n byeenkoms vir ZFM teen Namibiƫ deelgeneem het; Nel Hanekom, Susan Hanekom en JJ Snyders.
Die atlete oefen alreeds vir volgende jaar en ons is baie trots op elkeen.
Foto:
Gerrit Hanekom, Susan Hanekom, JJ Snyders, Nicoleen Loots en Nel Hanekom