)

Uppies Atlete Skitter

Deur die kwartaal het Hoërskool Upington se atlete baie hard geoefen en baie goeie uitslae behaal.

`n Groot groep Uppie-atlete verteenwoordig Hoërskool Upington by die Sone-byeenkoms. Daarna is 21 atlete na Kakamas vir die streeksbyeenkoms. Hier het ons atlete baie goed gevaar en uiteindelik het 5 atlete die streek gaan verteenwoordig by die Noord-Kaap byeenkoms. Hulle is JJ Snyders, Nicoleen Loots, Susan Hanekom, Nel Hanekom en Gerrit Hanekom.

Na die provinsiale byeenkoms is 3 atlete gekies om die Noord-Kaap by die SA`s in Potchefstroom te gaan verteenwoordig. JJ Snyders, Nicoleen Loots en Gerrit Hanekom. Dit is nie die eerste keer dat JJ en Nicoleen gaan nie en ons verwag net die beste van hul.

Gerrit Hanekom is egter `n spesiale geval. Gerrit ly aan Treacher-sindroom en was van kleins af meer in die hospitaal as tuis. Hy moes van kleins af veg vir sy oomblik in die son en het harde bene gekou om sy merk te laat in `n normale hoofstroom skool. Gerrit begin egter einde 2017 atletiek oefen. Gaan in 2018 op sy eerste atletiektoer en neem teen gewone O/19 atlete deel. Hy kwalifiseer toe om SA`s toe te gaan – as `n LSEN-atleet, of atleet met `n gestremdheid.

Hoërskool Upington is trots op al ons kinders wat presteer, maar meer nog as hul uitstyg en presteer t.s.v. `n agterstand.

Die atlete het ook na Kimberley getoer en aan uitnodigingsbyeenkomste deelgeneem.

Drie van ons atlete het ook aan `n internasionale byeenkoms deelgeneem te Springbok, toe hul aan `n byeenkoms vir ZFM teen Namibië deelgeneem het; Nel Hanekom, Susan Hanekom en JJ Snyders.

Die atlete oefen alreeds vir volgende jaar en ons is baie trots op elkeen.

Foto:

Gerrit Hanekom, Susan Hanekom, JJ Snyders, Nicoleen Loots en Nel Hanekom

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal